DIE BESTE MAKELAARS
SEDERT 1989

 

Ons hanteer jou korttermynversekering.


Ons lewer puik diens sedert 1989


Ons is spesialiste op verskeie finansiële gebiede, waaronder die hantering van eise, persoonlike versekering, spesialis korttermynversekering vir klein en medium besighede sowel as landboubedrywe en ander finansiële dienste.


Lees meer

WAT DOEN ONS?

Ons bied persoonlike, kommersiële en landbou-korttermynversekering vir ons kliënte.

Ons visie en missie

Ons visie

Ons wil verseker dat Weskus Makelaars die eerste keuse vir diens is by ons vennote en ons polishouers.

Korporatiewe etiese waardes

Dit is ons beleid om handel regverdig te dryf, en deurlopend te verseker dat sake bedryf word volgens die hoogste waardes.

Regverdige kompetisie

Ons sukses is gegrond op die lewering van hoë gehalte versekering, met die doelwit om regverdig mee te ding.

Ons missie is om gemoedsrus vir ons kliënte te verseker, met ’n fokus op kliënte-lojaliteit, die skep van verhoudinge, en die bemagtiging van kliënte en werknemers.

Ons uitstekende diens en hoë-gehalte versekeringsdienste is gegrond op drie kernbeginsels. Uitnemendheid is die eerste beginsel waarop ons handel gegrond is en verseker dat diens altyd puik is. Integriteit waarborg dat jy as kliënt nooit uitgelaat word nie. Laastens neem ons volle verantwoordelikheid vir alle handel wat gedryf word.

Lees meer

Ons makelaars

Die span

Puik diens en vriendelike personeel

Ons wil verseker dat ons kliënte met trots en vertroue sake met Weskus Makelaars kan doen.